Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Witwatersrand " deur ELISABETH EYBERS
" Witwatersrand " deur ELISABETH EYBERS [boodskap #100954] Wed, 12 January 2005 00:10
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4795
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
Witwatersrand
Elisabeth Eybers

Kan ooit in hierdie flitsende verskiet
van kwarts en doloriet
iets sags geskied?

O dat die nuwe nag getemper word,
die oop dag ingeskort,
wind waai, reën stort!

'n Winter lank sal ek die blote lug
knaag soos 'n bitter vrug -
daarna die haassprong terug!
Vorige onderwerp: " Navrae " deur ELISABETH EYBERS
Volgende onderwerp: Uit " Kwatryne " deur I.D. du PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 03:52:28 UTC 2024